
Diewe het gister in die vroeë oggendure twee jetski’s by ‘n huis in Bayswater
in die Rosestad gesteel.
Twee honde van die eienaars, Jaco en Mariska Taljaard, is ook vergiftig.
Volgens Mariska het hulle op die sekuriteitskameras gesien hoe die jetski’s gesteel en op hulle waentjie agter aan ’n wit dubbelkajuitbakkie gehaak word.
Die jetski’s se waarde is sowat R200 000.
Dit is glo die derde geval die afgelope ruk in Bayswater en sindikaat-bedrywighede word nie uitgesluit nie.
Die Bayswater-polisiekantoor het bevestig dat ’n saak van diefstal aangemeld is, maar kon nie bevestig of ’n sindikaat in Bayswater bedrywig is nie.
The post Diewe steel jetski’s, vergiftig honde appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.