
Veiligheid by die Gupta-familie se huis in Saxonwold is opgeskerp nadat
verskeie mense voor die hek begin betoog het.
Die betogers is gegrief oor wat hulle noem, die Guptas se inmenging in Suid-Afrika se politiek.
Hoewel ‘n aantal lede van die polisie en die stad se metropolisie op die toneel was, is private veiligheidswagte ook by die huis ontplooi.
‘n Woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Wayne Minnaar, sê hulle hou die situasie fyn dop.
Die betogers het plakkate by hulle wat die Guptas die skuld gee vir Pravin Gordhan se afdanking as minister van finansies.
The post Betogings voor Guptas se huis appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.