
Die Tesourie sê hy is daartoe verbind om ‘n verantwoordelike fiskale beleid te
volg ná Standard en Poor’s se besluit om die land se beleggingsgradering tot
rommel-status te verlaag.
Die Tesourie sê in ‘n verklaring Suid-Afrika sal volhou met ‘n konsekwente beleidsraamwerk wat gematig en deursigtig op veranderende omstandighede reageer.
Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê intussen Standard en Poor’s het inderwaarheid ‘n mosie van wantroue in president Jacob Zuma ingestel.
Volgens Maimane wys die afgradering dat hulle geen vertroue het in Zuma se besluit om twee bekwame ministers uit die finansies-portefeulje te laat gaan en die tesourie aan die Guptas en ‘n onbekwame minister te oorhandig nie.
The post Land se gradering tot rommelstatus verlaag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.