
Die onder-burgemeester van die Richmond-munisipaliteit in KwaZulu-Natal, Thandazile Phoswa, is gisteraand doodgeskiet.
Dit kom binne ‘n maand nadat die raad se munisipale bestuurder, S’bu Sithole‚ ook doodgeskiet is.
Volgens berigte het Phoswa se vorige kêrel – ‘n veiligheidswag by die uMshwathi-munisipaliteit – hom aan die polisie oorgegee.
Die polisie het blykbaar ook op ‘n vuurwapen beslag gelê.
The post Onder-burgemeester doodgeskiet appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.