
Die rand het vanoggend verder verswak, terwyl beleggers steeds buitelandse geldeenhede dophou om te besluit wat die gevolge van president Jacob Zuma se kabinetskommeling gaan wees.
Die rand het in ‘n stadium met 1,1% tot R13,56 teenoor die dollar verswak.
Intussen berig Reuters dat sowat 10-miljard dollar uit die land kan vloei as Suid-Afrika se skuld met twee vlakke tot onder beleggingsvlak afgegradeer word.
Die internasionale UBS-bankgroep sê indien die skuld afgegradeer word, sal Suid-Afrika sy plek verloor op ’n belangrike staatseffekte-indeks, en dit sal daartoe lei dat buitelandse beleggings onttrek word aan Suid-Afrikaanse staatseffekte.
Moody’s besluit Vrydag oor die land se gradering.
The post Die rand verswak verder appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.