Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Skaliegas: Agri SA huiwerig met ondersteuning

$
0
0
Skaliegas: Agri SA huiwerig met ondersteuning

Agri SA het kennis geneem van Msebenzi Zwane, die minister van minerale hulpbronne, se aankondiging Sondag dat skaliegas-ontginning in die Karoo-gebied binnekort sal begin.

Zwane het aangedui het dat, gegrond op die balans van wetenskaplike bewyse, die regering besluit het om die ontginning voort te gaan.

Johannes Möller, president van Agri SA, sê dit beteken as’t ware dat daar geen werklike sekerheid oor die moontlike impak en gevolge van hierdie mynbedrywighede is nie.

“Alhoewel ons ten volle bewus is van ons land se internasionale ondernemings ten opsigte van koolstofvermindering en skoner lug, is ons nie daarvan oortuig dat dit nie op ‘n ander wyse bereik kan word nie, d.w.s veral windplase, aangesien kostes in hierdie verband in die jongste tyd skerp afgeneem het. Ons is ook bewus van die noodsaaklikheid van ekonomiese ontwikkeling, maar kan egter nie ons onvoorwaardelike ondersteuning gee aan die onbekende terrein wat skaliegas-ontginning in Suid-Afrika behels nie, veral gegewe die onsekerhede wat steeds bestaan oor die impak van hierdie aktiwiteite op die beperkte waterhulpbronne in die Karoo-gebied,” sê Moller

Möller sê Agri SA het waardering vir die minister se versekering dat alle regsmaatreëls in plek gestel en toegepas sal word, ten einde skaliegas-ontginning ‘n lewensvatbare en volhoubare opsie te maak.

“Ons as ‘n organisasie, het egter ‘n verantwoordelikheid teenoor ons lede om die betrokke aktiwiteite deeglik te kontroleer. Indien enige skade wat ookal sou plaasvind, sal ons redelike en billike vergoeding eis.”

Agri SA doen ‘n beroep op die regering om selfs op hierdie vroeë stadium te beraadslaag oor riglyne in hierdie verband.

Möller sê Agri SA sal, indien nodig, dit oorweeg om omgewingspesialiste aan te stel om die aktwiteite te monitor, selfs gedurende die eksplorasie-fase wat blykbaar nou sal begin.

The post Skaliegas: Agri SA huiwerig met ondersteuning appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!