
Meer as R40 000 se kollektegeld is gister by ‘n kerk in Khayelitsha in die Kaapse Skiereiland gesteel.
Volgens ‘n Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, brigadier Novela Potelwa, was sowat 20 gemeentelede van die Old Apostolic Church besig om die geld te tel, toe hul deur ’n groep gewapende mans oorrompel is.
Een van die gemeentelede wat die rowers agternagesit het toe hul te voet gevlug het, is in die nek gewond toe daar op hulle geskiet is.
The post Kollektegeld by kerk gesteel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.