
Die kanse raak al hoe groter dat die Wes-Kaap tot ‘n droogterampgebied verklaar kan word.
Die provinsiale LUR vir plaaslike regering en omgewingsake, Anton Bredell, sê verteenwoordigers van al 30 Wes-Kaapse munisipaliteite het onlangs saam met die provinsie se rampbestuur-afdeling vergader, en die droogtetoestand is erger as wat hul gedink het.
Vyf munisipale gebiede — Witzenberg, Oudtshoorn, Sentraal-Karoo, Weskus en Kannaland — is reeds tot rampgebiede verklaar en nog sewe, wat Knysna en Swellendam insluit, kan volg.
The post Droogtetoestand in Wes-Kaap is erger appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.