Die onderhoof van Hoërskool Akasia, is vanoggend oorlede nadat hy in Junie tydens ’n huisroof in Pretoria nege keer geskiet is.
Die 57-jarige Johan du Toit se vrou, Retha, wat ’n onderwyseres by dié skool is, het bevestig dat haar man ná meer as 12 weke in die hospitaal dood is.
Du Toit het verlede week begin vordering maak toe hy vir die eerste keer in twaalf weke sy bewussyn herwin het.
The post ONDERHOOF 9 KEER GESKIET: STERF IN HOSPITAAL WEKE LATER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.