Die moordenaar van John Lennon, Mark Chapman, is vir die negende keer parool geweier.
Die 61-jarige Chapman het die voormalige Beatle in 1980 in New York voor sy woonstelgebou doodgeskiet.
Chapman het in sy paroolaansoek gesê hy aanvaar nou dat sy misdaad vooraf beplan en boos was maar sy erkenning het nie indruk op die paroolraad gemaak nie.
The post JOHN LENNON SE MOORDENAAR WEER PAROOL GEWEIER appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.