![Vrou (40) sterf toe trop olifante haar bestorm](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-20-150x150.png)
ʼn 40-Jarige vrou is dood en nog een ernstig beseer toe hulle gister in die Krugerwildtuin deur ʼn trop olifante aangeval is.
SANParke se woordvoerder, William Mabasa, sê die voorval het in die Mooiplaas-gebied naby die Mopani-kamp gebeur.
Hy het bevestig dat drie van sy werknemers deur die olifante bestorm is terwyl hul besig was om mopaniewurms op te tel.
The post Vrou (40) sterf toe trop olifante haar bestorm appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.