![Man geskiet tydens plaasaanval](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Shooting-10-150x150.jpg)
ʼn Man is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal nadat hy laat gistermiddag op die plaas Milldew naby Shakaskraal in KwaZulu-Natal geskiet is.
Die woordvoerder van ‘n veiligheidsmaatskappy, Kyle van Reenen, sê die man is glo deur ‘n aantal mans aangeval toe hy die plaas met sy bakkie wou verlaat.
Hy is in sy regterbeen gewond toe die aanvallers verskeie skote op sy bakkie gevuur het voordat hulle gevlug het.
Volgens die polisie is die motief vir die aanval nog onbekend.
The post Man geskiet tydens plaasaanval appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.