!["Dis 'n swart Vrydag"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-19-150x150.png)
Adjunk-president Cyril Ramaphosa sê hy is ongelukkig oor die afdanking van die minister van Finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk, Mcebisi Jonas.
Hy sê hy vind dit bitter moeilik om te glo dat iemand soos Gordhan — wat die land eerbaar gedien het — die president of die regering sou swartsmeer.
Hy het in Bloemfontein gesê hy is ook ongelukkig dat Zuma met ‘n voorafopgestelde lys na die kabinet gekom het sonder dat oorlegpleging plaasgevind het.
Ramaphosa sê hy beplan egter nie om te bedank nie.
Die tweede adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, Solly Mapaila, sê intussen dit is ‘n swart Vrydag en die party het nie die omvang van die kabinetskommeling van Zuma verwag nie.
Hy sê Zuma het die party Maandag ingelig dat hy Gordhan en Jonas gaan afdank, maar hy het niks oor die ander skuiwe gesê nie.
The post “Dis ‘n swart Vrydag” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.