![DA (weer) oppad na Lithuli-huis](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-18-150x150.png)
Die Demokratiese Alliansie beplan ‘n optog na die ANC se hoofkwartiere by Lithuli-huis in Johannesburg uit protes teen die staatskaping.
Die DA sal ook vandag poog om ‘n hofinterdik te kry om te keer dat die nuwe ministers in die kabinet ingesweer word.
Die DA leier, Mmusi Maimane sê hulle sal dringend die aansoek by die hof Wes-Kaapse hoogeregshof indien voordat die nuwe minister vanmiddag om sesuur ingesweer word.
Maimane sê gisteraand se aankondiging deur president Zuma, waaronder die afdanking van finansminister Pravin Gordhan, hou verreikende gevolge vir die land in en ag dit is ‘n aanval op Die Grondwet van Suid-Afrika.
Hy sê die Gupta-familie, wat noue bande met Zuma het, het benewens die kaping van die Waterkloof Lugmagbasis en multi-miljoen rand se steenkooltenders, ook nou ‘n ferm politieke greep oor die land se tesourie.
Die DA se optog na Lithuli-huis sal volgende Vrydag gehou word.
Die party het ook in Februarie 2014 ‘n optog na die ANC se hoofkwartiere gehou wat in chaos ontaard het en DA-ondersteuners met klippe bestook is.
The post DA (weer) oppad na Lithuli-huis appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.