
Die Inspekteurgeneraal van Intelligensie, Isaac Dintwe, is gevra om ondersoek
in te stel na die kansellering van Pravin Gordhan se internasionale beleggingstoer.
Die DA se woordvoerder van finansies, David Maynier, sê Zuma se besluit om Gordhan van sy reis terug te roep op grond van ‘n beweerde intelligensieverslag, vereis ‘n verduideliking.
In die verslag word beweer dat Gordhan geheime vergaderings met persone in Brittanje en Amerika sou hou om die omverwerping van Zuma se regering te bespreek.
Maynier het die verslag beskryf as die soort onsin wat mens van die Russiese president, Wladimir Poetin, sou kon verwag. Maynier sê Zuma se binnekring is geneig om samesweringsteorieë op te dis wat die land se ekonomie ernstige skade kan berokken.
The post ‘Ondersoek kansellering van Gordhan se beleggingstoer’ appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.