
Drie leerlinge van die Hoërskool Navalsig in Bloemfontein is na bewering
deur ’n polisieman van die Navalsig-polisiekantoor lyfstraf toegedien omdat een van hulle glo ‘n spot-prent van die adjunkhoof, Pitsu Melamu, geteken het.
Netwerk24 berig die voorval het op 8 of 9 Maart vanjaar gebeur.
Die skoolhoof, Jose Chittilapilly, sê hy weet van die voorval en dat daar tugstappe gedoen word teen die leerling wat die prent geteken het.
Hy kon nie bevestig of ’n polisieman van die Navalsig-polisiekantoor lyfstraf aan drie van die leerlinge gegee het nie en beweer hy weet nie dat die ouers van die drie leerlinge ontevrede oor die voorval is nie.
Kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek nie so ’n saak teen ’n lid van die polisiekantoor nie.
The post Polisieman gee leerling glo lyfstraf oor spot-prent appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.