
Aanduidings dat ’n El Niño-toestand in die komende somerseisoen oor
Suider-Afrika kan ontwikkel en ernstige droogtes en watertekorte kan veroorsaak, word al hoe sterker.
Netwerk24 berig volgens Cobus Olivier, navorser van voorspellings by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, vorm ’n El Niño aan die weskus van Suid-Amerika in die Stille Oseaan en sal dit eers teen Julie of Augustus duidelik wees hoe sterk die impak daarvan op Suid-Afrika in die komende somer gaan wees.
Goeie nuus vir die Kaap en die winterreënval streke is dat bogemiddelde reënval in die laat herfs tot in die middel van die winter kan uitsak.
Temperature oor die hele land heen sal na verwagting bo normaal wees tot in die middel van die winter.
The post Nog ‘n El Niño op pad? appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.