
Die woord “Staatskaping” word al meer gebruik om president Jacob Zuma se
afdanking van Finans-minister, Pravin Gordhan, en sy kabinet-skommeling te
beskryf, met die Guptas wat as die groot begunstigdes in die nuwe verwikkelinge gesien word.
Netwerk24 berig Lawson Naidoo, direkteur van die organisasie Casac en sameroeper van die SaveSa-veldtog, het laat Donderdagaand op Gordhan se afdanking gereageer deur die Guptas as die groot begunstigdes uit te wys.
Volgens Naidoo was die plan nog altyd om iemand te hê wat al die transaksies soos die kernkragplan moet vergemaklik en is Malusi Gigaba se aanstelling in Gordhan se plek, so reg in die kraal van die Guptas.
Dit is alom bekend dat Zuma ‘n groot vriend van die omstrede Indiese familie is.
Intussen het Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, in reaksie op Pravin
Gordhan se afdanking as minister van finansies gesê dit is ‘n skande dat die
binnegevegte in die ANC nou so ontaard het, dat die Zuma-kamp nou selfs bereid is om die land se ekonomie en die rand se waarde op te offer om interne
ANC-gevegte te voer.
Volgens Kriel word die hele land nou benadeel en staan afgradering deur graderingsagentskappe in die gesig en dit alles om Zuma se
belange te dien.
The post Kabinetskommeling as staatskaping beskryf appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.