
Die rand het reeds begin tuimel met die nuus van Finans-minister Pravin
Gordhan en sy adjunk, Mcebesi Jonas, se afdanking.
Francois du Plessis, besturende direkteur van Vega Asset Management, voorspel droewigheid vir die rand wanneer die markte van Suid-Afrika se grootste handelsvennote vangoggend open.
Teen laat gisteraand het die rand op R13,33 teenoor die dollar verhandel, teenoor vlakke rondom R12,80 laat gistermiddag met die nuus dat byna die helfte van die kabinet mag bedank sou Gordhan in die pad gesteek word.
Nog meer onstellend volgens Du Plessis is dat ‘n onlangse waarskuwing deur Merryl Lynch dat ‘n onmiddellike afgradering van SA se kredietstatus tot rommelstatus kan volg sou Gordhan met ‘n onaanvaarbare kandidaat vervang word, selfs so gou as oor die naweek realiteit word.
The post Gordhan afgedank: Rand begin tuimel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.