
Suid-Afrika het ‘n nuwe Minister van Finansies nadat President Jacob Zuma
Pravin Gordhan en na bewering vyftien ander ministers en adjunkministers se
koppe laat gisteraand tydens ‘n kabinetskommeling laat rol het.
Netwerk24 berig dat die Presidensie kort voor een-uur vanoggend ‘n verklaring uitgestuur het waarin Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, se afdanking bevestig word.
Gordhan word deur die vorige minister van binnelandse sake, Malusi Gigaba, vervang.
Dit is die grootste kabinet-skommeling sedert Zuma in 2009 aan bewind gekom het.
Die ander afgedankte ministers sluit ook in Aaron Motsoaledi, Lynne Brown en Derek Hanekom.
Na wat verneem word is die meeste van die afgedankte ministers lede van die SAKP. ‘n Nuuskonferensie word binnekort verwag.
Die DA het intussen op groot skaal teen president Zuma se “Nag van die Lang Messe”
te veld getrek.
Die DA-leier, Mmusi Maimane, het die afdank van Gordhan en Jonas, as ‘n totale staatskaping deur Zuma beskryf en vra dat die parlement hom onmiddellik moet afdank.
Volgens Maimane kan Suid-Afrikaners nie sit en toekyk hoe die land verder ten gronde gaan nie en moet landsburgers nou saamstaan om demokrasie te beskerm.
Volgens UDM-leier, Bantu Holomisa, is dit duidelik Zuma het die tesourie in sy visier gehad en maak die res van die kabinet ook nie sin nie.
The post SA het ‘n nuwe kabinet appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.