
Drie mans is vanoggend in hegtenis geneem waar hulle probeer het om ‘n
motoronderdele-winkel in Bloemfontein te roof.
Lede van die SAPD se taktiese respons- en honde-eenheid het vroegoggend inligting ontvang dat die mans die winkel in Krausestraat in die stad beroof.
Met hulle aankoms het twee mans in ‘n voertuig buite die gebou gewag terwyl drie ander besig was om die winkel te plunder.
Hulle is op heterdaad met geld uit die kasregister in hulle besit gevind en in hegtenis geneem.
Die polisie se Peter Kareli sê daar word nog na twee verdagtes gesoek wat per motor gevlug het.
The post Bloemfontein: 3 gearresteer tydens rooftog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.