
‘n Amerikaanse federale regter in Hawaii het die opskorting van president Donald Trump se reisverbod vir ‘n onbepaalde tydperk verleng.
Dit beteken dat Trump nie sy reisverbod op die hoofsaaklik Moslemlande — Iran, Libië, Somalië, Soedan en Jemen — kan afdwing terwyl die saak nog in die hof betwis word nie.
Regter Derrick Watson het gesê die verbod sal toerisme benadeel en die werwing van buitelandse studente en werkers belemmer.
Trump het vroeër gesê die hersiene reisverbod sal keer dat terroriste die land binnekom.
The post Regter verleng opskorting van Trump se reisverbod appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.