
Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) het bevestig dat president Jacob Zuma dié party Maandag op ‘n vergadering ingelig het dat hy die minister van Finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk, Mcebisi Jonas, gaan afdank.
Die tweede adjunk-hoofsekretaris van die SAKP, Solly Mapaila, het op ‘n nuuskonferensie in Johannesburg in ‘n verklaring gesê Zuma het wel sy planne vir ’n kabinetskommeling aangekondig.
Hy sê die party het beswaar teen die beplande kabinetskommeling aangeteken.
Mapaila het ook bevestig dat Zuma die sogenaamde intelligensieverslag oor Gordhan en Jonas gebruik het as ’n rede waarom daar van die twee ontslae geraak moet word.
Die DA-leier, Mmusi Maimane, sê intussen Suid-Afrikaners moet hul nie deur snert oor intelligensieverslae om die bos laat lei nie.
Hy sê dit behoort deur die Parlement ondersoek te word.
In die verslag word Gordhan onder meer beskuldig van ’n sameswering en geheime vergaderings met internasionale bankiers om ‘n bewindsverandering in Suid-Afrika te bewerkstellig.
The post “Zuma gaan Gordhan afdank” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.