Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Rowers op heterdaad betrap in Bloemfontein-winkel

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Misdaad

Drie mans is vanoggend in hegtenis geneem waar hulle probeer het om ‘n motoronderdele-winkel in Bloemfontein te roof.

Lede van die SAPD se taktiese respons- en honde-eenheid het vroegoggend inligting ontvang dat die mans die winkel in Krausestraat in die stad beroof.

Met hulle aankoms het twee mans in ‘n voertuig buite die gebou gewag terwyl drie ander besig was om die winkel te plunder.

Hulle is op heterdaad met geld uit die kasregister in hulle besit gevind en in hegtenis geneem.

Die polisie se Peter Kareli sê daar word nog na twee verdagtes gesoek wat per motor gevlug het.

Die winkel was ‘n rukkie gelede steeds gesluit.

Kareli sê die verdagtes sal moontlik Maandag in die hof verskyn op klagtes van roof.

The post Rowers op heterdaad betrap in Bloemfontein-winkel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!