Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Boere en Polisie hou ‘openhartige gesprek’ oor veiligheid

$
0
0
Boere en Polisie hou 'openhartige gesprek' oor veiligheid

Boere in Heilbron het hulle kommer uitgespreek oor die polisie se gebrekkige logistieke vermoëns om landbouers in landelike gebiede van te help.

Die Boere is veral besorgd oor die tekort aan voertuie vir die polisie.

Boere wat by die gesprek teenwoordig was sê wanneer plaasbesoeke en wit-en blou lig patrollies gehou word, is die SAPD se betrokkenheid beperk weens ’n gebrek aan onder meer voertuie.

Die boere het dit benadruk dat die vlakke van plaasaanvalle, -moorde en misdaad op plase onaanvaarbaar hoog is en daar toenemende persepsies bestaan dat sommige polisielede by misdade in landelike gebiede betrokke is.

Landbouers is opnuut gevra om sodanige situasies op skrif aan die VKB/VL Veiligheidslessenaar te kommunikeer, waarna aan die SAPD se “Management Complaints Intervention Unit” op provinsiale vlak deurgegee sal word.

’n Ondersoek sal in die verband met die klagte geloods en die nodige stappe teen sulke lede sal geneem word.

Lede van Moedersdeel Landbouvereniging, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, Henk Vermeulen, die streekverteenwoordiger van VL, Tommie Esterhuyse, die VKB/VL Veiligheidslessenaar veiligheids risiko-analis, dr. Jane Buys, en die SAPD se Landelike Veiligheid Koordineerder in die Vrystaat, Kol. Johan Gelderblom, was by die gesprek betrokke.

Ander kwessies wat tydens die vergadering bespreek is, is grondhervorming, die toestand van paaie, die kundigheid van boere om die staat te help asook die politieke retoriek deur veral president Jacob Zuma, aktiviste an ander politieke leiers.

Lees gerus meer hier oor die gesprek.

The post Boere en Polisie hou ‘openhartige gesprek’ oor veiligheid appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!