
‘n Politieke ontleder by die Noordwes-Universiteit, professor André Duvenhage, sê die feit dat president Jacob Zuma ná minister Pravin Gordhan se herroeping uit Londen, nog nie ’n kabinetskommeling aangekondig het nie, is ’n aanduiding dat die magsewewig teen hom in die ANC se topleierskap besig is om te draai.
Duvenhage het aan Netwerk24 gesê indien Zuma dit doen, beteken dit dat hy baie desperaat is en bereid is om alles op die spel te plaas.
Dit sal die grootste dobbelspel in sy politieke loopbaan wees, want die gevolge sal enorm wees en kan tot weerstand in die ANC-alliansie, sy nasionale uitvoerende komitee én parlementêre koukus lei.
The post Kabinetskommeling wys Zuma is “baie desperaat” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.