
Die Vryheidsfront Plus (VF+) sê die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) toon ‘n algehele minagting vir wet en orde met hulle wangedrag in die raadsvergaderings van die Mangaung Metroraad.
‘n Verslag oor die EFF se kleredrag en hul versuim om vergaderings by te woon het gister voor die metroraad gedien.
Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die metro, sê die samestelling van die verslag was nie ooreenkomstig die aanbeveling van die komitee oor Staande Reëls en Ordes se aanbeveling nie en daarom het die VF Plus om die besluit te ondersteun om die verslag na die komitee terug te verwys sodat teenstrydighede in die verslag reggestel kan word.
Snyman-van Deventer sê die betrokke verslag is belangrik, omdat die EFF nie toegelaat mag word om ‘n sirkus van die raad se werksaamhede en verrigtinge te maak nie.
Sy sê indien die Ekonomiese Vryheidsvegters se gedrag ongestraf gelaat word, sal dit uitvoering gee aan die EFF se anargistiese-ideologie wat sal uitkring na die burgerlike samelewing en chaos tot gevolg hê.
The post Ondersoek ingestel na EFF se gedrag in raad appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.