
Die klag van poging tot moord teen die Springbok-rugbyspeler Johan Goosen
is verander na die nalatige afvuur van ’n vuurwapen.
Netwerk24 berig Goosen het sy vriend Armandt Stoman na bewering op 24 Januarie vanjaar op die plaas Lilly Flanders naby Aliwal-Noord in die Oos-Kaap met ’n jaggeweer in sy enkel geskiet.
Goosen het na bewering sy jaggeweer beveilig toe die skoot afgegaan en Stoman, wat verbygeloop het, in die enkel getref is.
Brig. Marinda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig die klag gaan verander word van poging tot moord na die nalatige afvuur van ’n vuurwapen.
The post Klag teen rugbyspeler verander appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.