
Adv. Tankiso Mea is amptelik ingelig dat hy die nuwe stadsbestuurder van die
Mangaung-metro is, ondanks die feit dat opposisieraadslede uit die aanstellingsvergadering wat in komitee gehou is, gestap het.
Netwerk24 berig raadslede is ontevrede omdat ’n dik pak CV’s aan hulle gegee is wat hulle binne 20 minute moes deurwerk vir ’n finale besluit.
Die vier kandidate op die kortlys was Mea, dr. Khotso de Wee, Fithulu Mothama en Manye Richard Moroka.
Daar was 19 aansoekers vir die pos, onder wie Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad, wat nie vir die pos oorweeg is nie.
Haar CV is glo vooraf uit die pak aansoeke verwyder omdat sy nie oor die nodige ondervinding beskik nie.
The post Nuwe stadsbestuurder van Mangaung-metro appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.