!["Dit is ‘n gewone roetine-vergadering"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/rfrf-8-150x150.png)
Gisteraand se kabinetsvergadering by die Uniegebou in Pretoria is verdaag sonder enige duidelikheid oor wat op die sakelys was.
Die vergadering het laat begin om ministers toe te laat om die begrafnis van die ANC-veteraan, Ahmed Kathrada, by te woon.
‘n Kabinetswoordvoerder, Donald Liphoko, het aan Eyewitness News gesê daar sal vandag terugvoering gegee word.
Die presidensie het vroeër te midde van bespiegelinge oor ‘n kabinetskommeling gesê dit is ‘n gewone roetine-vergadering wat tweekeer ‘n maand op Woensdae plaasvind.
The post “Dit is ‘n gewone roetine-vergadering” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.