![Betogers probeer ANC kantore aan die brand steek](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/rfrf-6-150x150.png)
Ontstoke inwoners van Eshowe aan die KwaZulu-Natalse noordkus het gisteraand die plaaslike kantore van die ANC aan die brand probeer steek.
Hulle eis dat die burgemeester van die Umlalazi-munisipaliteit, Thelumoya Zulu uit sy pos verwyder word.
Die burgemeester en sy bestuur word daarvan beskuldig dat hulle die R13,6 miljoen vir `n padprojek wanbestuur het.
The post Betogers probeer ANC kantore aan die brand steek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.