Die Suid-Afrikaanse krieketspan kan hulleself gelukkig ag nadat spel op die laaste dag van die beslissende toets teen Nieu Seeland op Snddon Park in Hamilton weens reën spel afgelas is.
Suid-Afrika, wat Woensdagoggend nog met hulle rug teen die muur was, wen die reeks ook 1 – 0. Die Proteas sou vanoggend hulle beurt voortsit met 80/ 5.
Quinton de Kock (15) en die kaptein Faf du Plessis (15) sou moes sorg dat hulle ‘n vennootskap vir 98 boulbeurte kon deel om die wedstryd onbeslis te laat eindig.
Du Plessis het tydens die oorhandigings gesê Nieu Seeland kan hulleself ongelukkig ag aangesien hulle in beheer was van die beslissende wedstryd.
Na die reeksoorwinning is Suid-Afrika nou tweede op die ranglys vir toetsspanne, nadat die Proteas tot die 7 de plek gedaal het.
Suid-Afrika wen die reeks nadat die eerste wedstryd ook uitgereën het en hulle die tweede toets gewen het.
"Good teams find a way to win even when they don't play well. It caps off a great season, we were at No 7 now we're at No 2 -" Faf #NZvSA pic.twitter.com/psyicr68NQ
— Cricket South Africa (@OfficialCSA) March 29, 2017
The post Reën kom tot SA se redding appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.