![Inligting oor Poppie se dood sal beteken word](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-118-150x150.png)
Die akte van beskuldiging met die presiese aanklagte behoort vandag op die
ma en stiefpa van die vermoorde 3-jarige Poppie van der Merwe beteken word.
Netwerk24 berig Louisa en Kobus Koekemoer sal vandag in die landroshof op
Brits verskyn.
Die staatsaanklaer, adv. Hanna Conradie, het met die vorige hofverskyning in Februarie gesê die laaste ondersoekwerk behoort teen einde Maart afgehandel te wees.
Aangesien die direkteur van openbare vervolgings reeds opdrag gegee het dat die Koekemoers in die hooggeregshof in Pretoria verhoor moet word, behoort die akte ook gereed te wees.
Koekemoer is ná Poppie se dood op 25 Oktober 2016 in hegtenis geneem.
Louisa is op 15 Desember in hegtenis geneem nadat sy weersprekende verklarings Poppie se dood ingedien het.
The post Inligting oor Poppie se dood sal beteken word appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.