
Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, vertrek die week saam met ‘n afvaardiging na die buiteland om inligtingsessies aan beleggers in Brittanje en Amerika aan te bied.
Dit kom te midde van kommer onder beleggers oor die toenemende politieke spanning in die ANC in aanloop tot die leiersverkiesing wat in Desember plaasvind.
Die afvaardiging, wat ook die adjunk-minister van Finansies, Mcebisi Jonas, en maatskappyhoofde en amptenare van die vakverbond, Fedusa, insluit, sal Londen, Boston en New York besoek.
The post Gordhan bied aan inligtingsessies oorsee appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.