Slegte nuus vir boere is dat die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n droë en warm lente en ’n vroeë somer voorspel.
Netwerk24 berig die toestande is te wyte aan die feit dat nog geen sterk La Niña ontwikkel het ná die El Niño wat verantwoordelik was vir die droogte in Suid-Afrika nie.
Die senior navorser vir langtermyn-voorspellings by die weerdiens, dr. Asmerom Beraki, sê die droogte duur steeds voort en die herstel daarvan sal stadig wees weens bonormale temperature wat vir die lente en somer voorspel word.
Volgens Beraki dui die meeste weermodelle tans op neutrale toestande en ’n swak La Niña, ’n verskynsel wat gewoonlik nat weer bring in teenstelling met die droë El Niño.
The post DROë LENTE, VROEë SOMER SLEGTE NUUS VIR BOERE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.