Een van die grootste geheime in kitskos-geskiedenis, Kentucky Fried Chicken se resep van 11 kruie en speserye, is glo onbewustelik deur ‘n neef van die bekende kol. Sanders aan die wêreld uitgelek.
’n Joernalis van die Chicago Tribune het ’n rubriek geskryf oor Corbin, Kentucky, waar kol. Sanders sy eerste gebraaide hoender bedien het.
Joe Ledington, ’n neef van die kolonel, het met die joernalis se besoek die laaste testament van Sanders se tweede vrou, Claudia Ledington, uitgehaal.
Agterop is ’n handgeskrewe lys van 11 kruie en speserye wat met twee koppies witmeelblom gemeng moet word.
Hoewel Ledington aanvanklik gesê het dit is die oorspronklike resep, het hy later gesê hy kan dit nie met alle eerlikheid sê nie.
Reuters berig KFC hou vol die resep wat in die Chicago Tribune gepubliseer is, is nié outentiek nie.
The post KFC RESEP UITGELEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.