![Man beseer toe hy tussen masjiene vasgeklou was](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/ER24-10-150x150.jpg)
‘n Man het ernstige wonde opgedoen nadat hy glo vir ure vasgeklou was aan masjienerie by ‘n fabriek in Estoire in Bloemfontein.
ER24 Noodienste het gistermiddag die man te hulp gesnel waar sy kollegas probeer het om hom te bevry.
ER24 se Russel Mering sê die man het ernstige beserings aan albei sy bene opgedoen.
Nadat hy uit die masjienerie bevry is, is hy na die Pelonomi-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
The post Man beseer toe hy tussen masjiene vasgeklou was appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.