Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

AFRIFORUM SE BFN-BUURTWAGTE DEEL VAN PROVINSIALE PATROLLIE

$
0
0

AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte het die afgelope naweek aan dié burgerregte-organisasie se nasionale patrollie deelgeneem. Sowat 186 patrolleerders – elkeen ’n buurtwaglid – het aan die patrollie deelgeneem, tesame met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) en verskeie privaat sekuriteitsmaatskappye.

“Al sewe buurtwagte in Bloemfontein het aan die patrollie deelgeneem. Die SAPD, Chubb, Bloemsec, Nissi, ITR, Senforce, VR Security, Trauma Response Afrika en Life Rosepark-ambulansdienste het ook deelgeneem,” sê Pieter Myburg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Bloemfontein.

Myburgh sê voorts dat die patrolleerders Bloemfontein tussen Vrydagaand 20:00 en Saterdagoggend 5:00 in skofte van drie ure elk met 127 voertuie gepatrolleer het.

“Die patrollie was op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture toegespits. Daar is in totaal bykans 6 993 km afgelê. Geen ernstige voorvalle van misdaad is tydens die patrollie aangemeld nie. Patrolleerders het ook onder meer gehelp om verkeer te reguleer op vier plekke waar ongelukke plaasgevind het.”

Raak vandag betrokke deur “Veilig” na 45266 te SMS (R1).

The post AFRIFORUM SE BFN-BUURTWAGTE DEEL VAN PROVINSIALE PATROLLIE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!