![Trump se belastingopgawes uitgelek](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-26-150x150.png)
Die Withuis het erken dat president Donald Trump ‘n bedrag gelykstaande aan
R500 miljoen in 2005 aan belasting betaal het.
Die seldsame blik op die president se streng bewaakte finansies het vroeër die week na die media uitgelek.
Volgens die uitgelekte opsomming van Trump se belastingopgawes het die president twaalf jaar gelede reeds ‘n jaarlikste inkomste van R2 miljard gehad.
Luidens die dokument het hy in daardie jaar ook meer as R1 miljard weens verliese afgeskryf om sy belastinglas te verlig.
Die Withuis het die inligting bevestig.
Trump het die verslaggewer wat daaroor berig het, vroeër op Twitter aangevat en sy weergawe van hoe hy aan die inligting gekom het, bevraagteken.
The post Trump se belastingopgawes uitgelek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.