![Klimaatverandering dreig voedselsekerheid in SA](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-23-150x150.png)
Die Verenigde Nasies se landbou-organisasie sê klimaatverandering hou steeds ‘n ernstige bedreiging vir voedselsekerheid in Suider-Afrika in.
‘n Verteenwoordiger van die FAO, Louis Hove, het aan die portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye gesê die kwessie is al by verskeie geleenthede
bespreek, maar dit lyk nie of enigiets bereik is nie.
Hove sê klimaatsverandering kom wêreldwyd voor en is ‘n verskynsel wat die wêreld moet aanvaar.
The post Klimaatverandering dreig voedselsekerheid in SA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.