Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Minister deur ANC-LP’s toegejuig

$
0
0
Minister deur ANC-LP's toegejuig

Die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het onder fel
kritiek en uittarting deur mede-LP’s in die Nasionale Vergadering deurgeloop.

Dit het gebeur terwyl sy die land daarvan probeer verseker het dat die maatskaplike toelaes wel oor agtien dae uitbetaal sal word.

ANC-LP’s het haar egter toegejuig.

Die EFF-LP, Ntombovuyo Mente, het die ANC daarvan beskuldig dat hulle Dlamini beskerm en die land weens hebsug gyselaar hou wat die kontrak met Cash Paymaster Services betref.

Dlamini se departement en Sassa het intussen geweier om enige besonderhede
bekend te maak oor die dokumente wat hulle vroeër by die Konstitusionele Hof ingedien het.

Hul regspan het die spertyd met sowat tien minute gemis.

Die dokumente vorm glo deel van môre se hofverrigtinge.

Die hof het Dlamini en Sassa tot drie-uur kans gegee om te verduidelik hoekom hulle gister se spertyd gemis het om op die hof se vrae oor maatskaplike toelaes te antwoord.

‘n Woordvoerder van die departement, Lumka Oliphant sê hulle het die hof gevra om hulle te verskoon.

The post Minister deur ANC-LP’s toegejuig appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!