![LUR ondersoek verkoop van HOP-huise](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-19-150x150.png)
Die Vrystaat se LUR vir Menslike Nedersettings, Sisi Ntombela, het ‘n
ondersoek gelas na die moontlike betrokkenheid van amptenare in haar
departement by die verkoop van HOP-huise aan onwettige immigrante.
Dit volg op die inhegtenisneming van 19 onwettige immigrante in Thabong by Welkom wat onwettig in HOP-huise gewoon het.
Die immigrante is aangekeer tydens ‘n misdaadvoorkomingsoperasie deur die polisie en Ntombela.
Die operasie is uitgevoer ná klagtes deur inwoners dat huise wat hulle toekom, beset word.
Ntombela sê haar departement sal talle ander bewerings ondersoek, soos dat een van die inwoners skynbaar nie minder nie as tien HOP-huise besit.
The post LUR ondersoek verkoop van HOP-huise appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.