!["Swak bywoning van ANC by debatte"](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/VF-Plus-3-150x150.jpg)
Die voorsitter van die Vryheidsfront Plus, Anton Alberts, sê die ANC-regering
se minagting vir die mense van Suid-Afrika het duidelik na vore gekom in sy lede se swak bywoning van die debatte oor plaasmoorde en die SASSA-debakel.
Hy sê die parlement self het ook sy minagting getoon deur komiteesittings te reël in dieselfde tydsgleuf waarin die twee debatte plaasgevind het.
Politieke partye het die plaasmoorde veroordeel en beklemtoon daar moet afgesien word van uitsprake wat plaasmoorde aanhits.
The post “Swak bywoning van ANC by debatte” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.