![SAOU se hofstukke oor HTS sal bedien word](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/School_2-5-150x150.jpg)
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) se hofstukke sal op die laatste
môre aan die Vrystaatse departement van onderwys beteken word waarin gevra word dat die beheerliggaam van die HTS Louis Botha in Bloemfontein onmiddellik ontbind word.
Reniël Lodewyk, Vrystaatse sekretaris van die SAOU, sê die skoolhoof, Ivan Stevens, en nog ’n onderwyseres, wat na bewering by die skool aangerand is, sterk nog in Bloemcare aan.
Die tweede onderwyseres, wat Vrydag ook na bewering aangerand is, is glo terug by die skool.
Lodewyk sê die SAOU voel dat die versuim van die departement van onderwys om die twee adjunkhoofde aan te stel, die bestuur van die skool versaak het en dat die huidige beheerliggaam ontbind moet word sodat stappe gedoen kan word om die proses te herstel.
The post SAOU se hofstukke oor HTS appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.