Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Gids teen grondbesettings bekendgestel

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Blitsgids grondvergype grondbesettings Ernst-Roets-Ian-Cameron-Ben-Freeth-Armand-Greyling1-731x487

“Grondeienaars het regte. Ons kan ons eiendom beskerm deur regsaksies in te stel waar grond beset word en veral deur proaktief op te tree om besetting te verhoed.”

Dit was die boodskap deur Afriforum en Afrisake Maandag in Pretoria waar Pretoria ’n handleiding oor grondbesetting bekendgestel is. Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het tydens die konferensie beklemtoon dat gemeenskappe hul eiendom self moet beskerm en nie op die staat moet staatmaak nie.

“Voorkoming is beter as genesing en grondeienaars het die reg om hul grond teen onwettige besetting te beskerm”

Die handleiding volg te midde van veranderende wetsontwerpe oor grondonteiening en ook deur uitsprake van die regering wat al meer ’n Zimbabwiese grondhervormingstyl aanneem.

“Onwettige besetting en toe-eiening van grond, asook politiese aanslae op die Grondwet raak al hoe meer algemeen in Suid-Afrika. Dit is van kardinale belang dat grondeienaars hulself van hul regte vergewis, asook wat hulle tydens sodanige besetting te doen staan,” sê Armand Greyling, AfriSake se regs- en beleidsanalis.

Ben Freeth, ’n boer van Zimbabwe en skrywer van die boek Mugabe en die wit Afrikaan, was deel van dié paneel en waarsku dat ’n Suid-Afrika sonder georganiseerde gemeenskappe die risiko loop om dieselfde krisis in die gesig te staar as wat tans in Zimbabwe ervaar word.

“Paraatheid, buurtwagte, toesighouding, okkupasie- en toegangsbeheer”

Cameron sê verder dat, wanneer strukture onwettig opgerig word en besetters onversteurde verblyf geniet, moet ’n siviele saak teen dié persone gemaak word. In die geval waar besetters kennis dra dat hulle onwettig grond betree, kan strukture afgebreek word mits daar ’n betredingsaak by die polisie aanhangig gemaak is.

Die polisie móét egter te alle tye ooreenkomstig die betredingswet optree.”

Cameron sê dat die staat deur regsoptrede tot verantwoording geroep kan word, maar dat gemeenskappe self hul eiendom met plaaslike veiligheidsinisiatiewe soos buurt- en plaaswagstelsels moet beskerm.

“Voorkoming is beter as genesing en grondeienaars het die reg om hul grond teen onwettige besetting te beskerm,” sê Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger.

Spies sê die proaktiewe oplossings wat in dié handleiding bespreek word, sluit in paraatheid, buurtwagte, toesighouding, okkupasie- en toegangsbeheer.

Die wettige verwydering van onwettige strukture, bewoon sowel as onbewoon, word ook behandel.

Laai gids hier af

The post Gids teen grondbesettings bekendgestel appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!