‘n Afvaardiging van Wêreldrugby het in Suid-Afrika aangekom vir vergaderings oor Suid-Afrika se bod vir 2023 se Wêreldbekertoernooi.
Suid-Afrika en die ander twee kandidate, Frankryk en Ierland, moet hul gedetailleerde dokumente op 1 Junie by Wêreldrugby indien.
Die wenner van die bod sal in November aangekondig word.
Kenners meen die tydsberekening vir die besoek deur die Wêreldrugby-komitee is sleg ná gister se aankondiging dat Durban nie meer die gasheer vir die Statebondspele in 2022 sal wees nie.
Die regering was blykbaar nie bereid om die geraamde meer as R8 miljard te bewillig wat dit sou kos om die Spele aan te bied nie.
The post SA se bod vir 2023 se Wêreldbekertoernooi appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.