![Klagte oor uitstaande terugbetalings deur Sars](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/kk-229-150x150.png)
Die belastingombudsman, die afgetrede regter Bernard Ngoepe, sê sy
kantoor is oorval deur klagtes van belastingbetalers oor uitstaande terugbetalings deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.
Hy sê om dié rede is die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, gevra om ‘n formele ondersoek in te stel na die vertragings by die Inkomstediens.
In sommige gevalle wag maatskappye vir terugbetalings wat miljoene rand beloop.
Ngoepe sê te veel individue en maatskappye het gekla oor die vertragings.
Hy sê dit het ‘n ondersoek genoodsaak.
Die Inkomstediens het vroeër ontken dat vertragings voorkom.
The post Klagte oor uitstaande terugbetalings deur Sars appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.