Die Vrystaat, Gauteng en Noordwes gaan die hele week lekker warm lente-weer ervaar, maar die Noord-Kaap, Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gaan nog ‘n snarsie koue kry.
Netwerk24 berig van die sentrale binneland af na die noorde toe kan mense uitsien na maksimum temperature van sowat 27 grade celcius vir die res van die week.
Temperature laer as 18 grade word van Woensdag vir die Noord-Kaap en groot dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal voorspel.
Die koue is egter van korte duur en teen Vrydag sal dit weer geleidelik warmer word.
The post LENTE-WEER OP PAD appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.