![Klagte teen UV-studente teruggetrek](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/kk-223-150x150.png)
Klagte teen studente van die Universiteit van die Vrystaat wat verlede jaar in
hegtenis geneem is omdat hulle onwettig op die Kovsie-kampus in Bloemfontein betoog het, is teruggetrek.
Netwerk24 berig volgens Marita van Kraayenburg, gebiedsbestuurder van die Nasionale Instituut vir Misdaadvoorkoming en Herintegrasie van Oortreders (Nicro), kry hulle baie goeie samewerking van die studente.
Dit is die hoofrede waarom aan die hof aanbeveel is dat klagte teen van die studente laat vaar word.
Die Free Education Movement (FEM) het Maandagaand op sy Facebookblad aangekondig dat klagte teen die 20 studente in die Fees Must Fall-betogings laat vaar is.
Nicro is ’n afleidingsprogram vir eerste oortreders wat minder ernstige misdade gepleeg het.
The post Klagte teen UV-studente teruggetrek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.