Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Regstappe teen departement van onderwys

$
0
0
Regstappe teen departement van onderwys

Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, die SAOU, beplan regstappe teen die
departement van onderwys oor die situasie by die Hoër Tegniese Skool Louis
Botha in Bloemfontein.

Netwerk24 berig ’n afvaardiging van die Vrystaatse onderwysdepartement het gisteroggend die skool besoek en dringende samesprekings met die skoolbestuurspan gevoer.

Dit volg na afloop van berigte dat die skool weens politieke inmenging en ‘n gebrek aan dissipline ten gronde gaan.

Volgens Reniel Lodewyk, provinsiale sekretaris van die SAOU, is veral die
opgeskorte aanstelling van twee adjunkhoofde problematies.

Volgens Lodewyk sal ‘n formele dispuut teen die departement van onderwys by die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys (Ravo) ingedien word sou ’n grief oor die aanstelling van die twee ajunkhoofde onsuksesvol wees.

Die SAOU het intussen reeds opdrag aan sy regspan gegee om ’n aansoek in
te dien dat die HTS Louis Botha se skoolbeheerliggaam ontbind word.

Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse onderwysdepartement, sê die departement het nou ’n taakspan van verteenwoordigers van al die belangegroepe saamgestel om die bewerings te ondersoek.

The post Regstappe teen departement van onderwys appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!